Elamities

Elamities is 'n uitgestorwe taal wat deur die antieke Elamiete in die Midde-Ooste gepraat is. Elamities was die primêre taal van die Elamiete in hedendaagse Suidwes-Iran van 2800-550 v.C. Die laaste Elamitiese geskrifte dateer uit die tyd van die verowering van die Persiese Ryk deur Alexander die Grote.

Darius

Elamities
Gepraat in: Iran 
Gebied: Midde-Ooste
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Geïsoleerd
 Elamities
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: elx
ISO 639-3: elx

Elamities is aan geen ander bekende taal verwant nie en word derhalwe as 'n geïsoleerde taal beskou. Die Elamitiese wigskrif is op die Akkadiese wigskrif gebaseer.

Die Behistoen-inskripsie in Iran is deur Darius I in Oud-Persies, Babilonies ('n vorm van Akkadies) en Elamities gekerf.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.