Eksoskelet

’n Eksoskelet (van die Griekse έξω éxō, "buite", en σκελετός skeletos, "skelet")[1] is die eksterne skelet wat ’n dier se lyf ondersteun en beskerm, in teenstelling met die interne of endoskelet van byvoorbeeld ’n mens.

Die afgewerpte eksoskelet van ’n naaldekokernimf.

Voorbeelde van diere met eksoskelette sluit in insekte soos sprinkane en kakkerlakke, en skaaldiere soos krappe en krewe. Die skulpe of doppe van sekere weekdiere soos sponse, slakke, chitone en seilslakke is ook eksoskelette. Sommige diere soos skilpaaie het beide ’n endo- en eksoskelet.

Verwysings

  1. "exoskeleton". Online Etymology Dictionary.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.