Eksokriene stelsel
Die eksokriene stelsel is kliere wat stowwe deur ’n buis na die oppervlak van epiteelweefsel afskei.[1] Voorbeelde van eksokriene kliere is sweet-, spoeg-, slym- en traankliere. Hulle is een soort kliere in die liggaam; die ander soort is endokriene kliere, wat hul produkte direk in die bloedvatstelsel afskei.
Eksokriene stelsel | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
’n Voorstelling van ’n eksokriene klier. | ||
Inligting | ||
Latyn | Systema exocrinum | |
Eksterne bronne | ||
FMA | 9596 | |
Code | TH H2.00.02.0.03014 | |
TH | H2.00.02.0.03014 |
Die lewer en pankreas is beide endokriene en eksokriene kliere, want hulle skei sommige produkte deur buise en ander direk in die bloedstroom af.
Verwysings
- Young B, Woodford P, O'Dowd G (2013). Wheater's Functional Histology: A Text and Colour Atlas (6de uitg.). Elsevier. p. 95. ISBN 978-0702047473.
Eksterne skakels
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.