Eisbachtaler Sportfreunde

Eisbachtaler Sportfreunde is 'n sportklub uit Nentershausen in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland. Behalwe sokker het die klub ook 'n afdeling vir tafeltennis.

Eisbachtaler Sportfreunde

Volledige naamEisbachtaler Sportfreunde
1919 e.V.
Stigtingsdatum1919/1966
TuisveldEisbachtalstadion, Nentershausen
Kapasiteit6 000
KompetisieOberliga Suidwes

Die klub is in 1966 gestig as 'n samesmelting van die klubs SC Großholbach, TuS Girod-Kleinholbach, VfR Nomborn en TuS Heilberscheid. TuS Nentershausen het in 1970 by die klub aangesluit. Die "1919" in die klubnaam verwys na die jaar waarin die oudste van die stigtersklubs ontstaan het.

Die klub se grootste prestasie was om die Regionalliga Suidwes in 1972 te haal, destyds op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Verdere hoogtepunte was om in die 1979/80- en weer die 1985/86-seisoene in die eerste rondte om die DFB-Pokal teen FC Schalke 04 te staan te kom voor 10 000 toeskouers op die Eisbachtalstadion. Die klub het ook in 1974/75, 1976/77, 1977/78 en 1980/81 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal. Die beste prestasie was om in 1976 die tweede rondte te haal, waar daar teen BFV Hassia Bingen verloor is.

Onlangse ligaposisionering

  • 1970-71 (III) Amateurliga Rynland 2de
  • 1971-72 (III) Amateurliga Rynland 1ste
  • 1972-73 (II) Regionalliga Suidwes 14de
  • 1973-74 (II) Regionalliga Suidwes 14de
  • 1974-75 (III) Amateurliga Rynland 4de
  • 1975-76 (III) Amateurliga Rynland 13de
  • 1976-77 (III) Amateurliga Rynland 4de
  • 1977-78 (III) Amateurliga Rynland 4de
  • 1978-79 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de
  • 1979-80 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de
  • 1980-81 (III) Am.Oberliga Suidwes 3de
  • 1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 14de
  • 1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de
  • 1983-84 (III) Am.Oberliga Suidwes 15de
  • 1984-85 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste
  • 1985-86 (III) Am.Oberliga Suidwes 17de
  • 1986-87 (IV) Amateurliga Rynland 3de
  • 1987-88 (IV) Amateurliga Rynland 3de
  • 1988-89 (IV) Amateurliga Rynland 2de
  • 1989-90 (IV) Amateurliga Rynland 1ste
  • 1990-91 (III) Am.Oberliga Suidwes 15de
  • 1991-92 (III) Am.Oberliga Suidwes 12de
  • 1992-93 (III) Am.Oberliga Suidwes 3de
  • 1993-94 (III) Am.Oberliga Suidwes 12de
  • 1994-95 (IV) Oberliga Suidwes 2de
  • 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 10de
  • 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 5de
  • 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 2de
  • 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 4de
  • 1999-00 (IV) Oberliga Suidwes 6de
  • 2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 10de
  • 2001-02 (IV) Oberliga Suidwes 6de
  • 2002-03 (IV) Oberliga Suidwes 19de
  • 2003-04 (V) Verbandsliga Rynland 8ste
  • 2004-05 (V) Verbandsliga Rynland 11de
  • 2005-06 (V) Verbandsliga Rynland 8ste
  • 2006-07 (VI) Landesliga Rynland 16de
  • 2007-08 (VII) Bezirksliga Rynland-Oos 2de
  • 2008-09 (VI) Landesliga Rynland 1ste
  • 2009-10 (V) Oberliga Suidwes

Eksterne skakels

Oberliga Suidwes 2009/10-seisoen

SV Auersmacher - SG 06 Betzdorf - SV Elversberg II - BFV Hassia Bingen - Eisbachtaler Sportfreunde -
SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - SC Hauenstein - FC 08 Homburg - SC 07 Idar-Oberstein - SF Köllerbach -
TuS Mayen - TuS Mechtersheim - Borussia Neunkirchen - FK 03 PirmasensSV Roßbach/Wied -
SV Alemannia Waldalgesheim - SpVgg EGC Wirges - SVN 1929 Zweibrücken

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.