Eierdopwit
Eierdopwit is 'n kleur, 'n geelgrystintsel van wit, wat sy naam kry van die ooreenkoms met die kleur van wit hoendereiers. Die naam "eierdopwit" word gewoonlik slegs gebruik wanneer daar verwys word na muurverf. Dit is saam met af-wit (beige) een van die standaardbinnenshuise verfkleure wat gebruik word in baie wonings in die Verenigde State van Amerika en Europa, omrede dit 'n duursame afwerking bied wat nie maklik vlekke van sigaretrook en vingerafdrukke uitwys nie.
#F0EAD6 |
In 1987 is die kleur "eierdopwit" ingesluit in die X11-kleurlys, wat na die uitvinding van die wêreldwyeweb in 1991, bekend staan as die X11-kuberkleure.
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word eierdopwit as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #F0EAD6 |
RGB-kleurmodel | (240, 234, 214) |
CMYK | (0, 2, 11, 6) |
HSV | (46°, 11%, 94%) |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.