Egiptiese vrugtevlermuis
Die Egiptiese vrugtevlermuis (Rousettus aegyptiacus) kom in die kusgebiede van Suid-Afrika, die Krugerwildtuin, Mosambiek en die oostelike gedeelte van Zimbabwe voor.
Egiptiese vrugtevlermuis | |
---|---|
![]() | |
'n Egiptiese vrugtevlermuis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Pteropodidae |
Subfamilie: | Pteropodinae |
Genus: | Rousettus |
Spesie: | R. aegyptiacus |
Binomiale naam | |
Rousettus aegyptiacus (Geoffroy, 1810) | |
![]() | |
Verspreiding |
Voorkoms
Die vlermuis is donkerbruin tot grysbruin en die onderkant is grys. Die keel is bruin en om die nek is 'n gelerige kraag. Hulle maak gebruik van eggo-navigasie. Die soogdier word tot 15 cm lank en weeg ±130g.
Habitat en gewoontes
Bedags rus die vlermuise in kolonies van duisende in grotte. Hulle bly in grotte met genoeg wilde vrugte in die omgewing en eet sagtevrugte. Een kleintjie word vroegsomer gebore in die noorde en laatwinter in die suide.
Sien ook
Bron
- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.