Efavirens

Efavirens (afgekort as EFV, handelsname Sustiva, Stocrin en andere) behoort tot die klas teenretrovirale middels bekend as nie-nukleosied trutranskriptase remmers (NNRTIs), wat die ensiem trutranskriptase blokkeer, 'n ensiem wat onmisbaar is vir virusvoortplanting.

Efavirens se skelet
Efavirens in 3D

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Gebruike

Efavirens word gebruik as deel van hoogs-aktiewe antiretrovirale terapie (HAART) vir die behandeling van MIV tipe 1.

Volwassenes neem een 600 mg tablet daagliks, verkieslik met slaaptyd, om sodoende die newe-effekte op die senuweestelsel te omseil.

Vir MIV-infeksie wat nog nie voorheen behandel is nie, beveel die United States Department of Health and Human Services Panel on Antiretroviral Guidelines die gebruik van efavirens in kombinasie met lamivudien/sidovudien (Combivir) of Efavirens/emtrisitabien/tenofovir (Atripla) aan as die verkose NNRTI-gebaseerde behandelingskedule vir volwassenes, adolessente en kinders wat meer as 13 kg weeg en/of ouer as drie jaar is.

Efavirens word gebruik in kombinasie met ander teenretrovirale middels as deel van 'n uitgebreide nĂ¡-blootstelling-voorkomingsplan om die risiko van MIV-besmetting te verlaag by persone wat aan 'n beduidende risiko vir MIV-besmetting blootgestel was (bv. naaldprikke en onbeskermde seks).

Sien ook

Verwysings

    Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
       
    Klik vir info oor hierdie sjabloon.
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.