Eerste minister van Namibië

Die Eerste minister van Namibië (Engels: Prime Minister of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet van 21 Maart 1990 die regeringshoof van die parlementêre republiek van Namibië. Die eerste minister word deur die grootste party in die nasionale vergadering benoem en deur die president aangestel. Hy word deur die adjunkpremier (Engels: Deputy Prime Minister) bygestaan.


Namibiese politiek
Parlement van Namibië
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad
President
Adjunkpresident
Eerste minister
Adjunkpremier
Politici
Politieke partye
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings
Raadskamer in die Eerste minister se kantoor

Die Eerste minister se woning was voorheen langs die Tintenpalast, die nasionale vergadering in die buro van die eerste minister (Engels: Office of The Prime Minister) in Windhoek-Sentraal. Die woning van die Eerste minister is sedert middel-2014 in die Ou Staatshuis, die voormalige woning van die Namibiese president.

Eerste ministers van Namibië sedert 1990

Partye

 South West Africa People's Organization (SWAPO)

# Portret Naam
(Geboorte-sterfte)
Ampstermyn Party
1 Hage Geingob
(1941–2024)
21 Maart 199028 Augustus 2002SWAPO
2 Theo-Ben Gurirab
(1938–2018)
28 Augustus 200220 Maart 2005SWAPO
3 Nahas Angula
(* 1943)
21 Maart 20054 Desember 2012SWAPO
4 Hage Geingob
(1941–2024)
4 Desember 201221 Maart 2015SWAPO
5 Saara Kuugongelwa
(* 1967)
21 Maart 2015AmpsbekleërSWAPO

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.