Eerste minister

Die eerste minister is gewoonlik die politieke leier van 'n land en in die meeste gevalle ook die regeringshoof. In monargieƫ is die staatshoof die koning of 'n derglike leier wat deur oorerwing die pos bekleƫ, terwyl die eerste minister aan die hoof van die regering staan. Ingevolge die republikeinse regeringsvorm is die staatshoof dikwels 'n president, terwyl die eerste minister die regeringshoof is.

Louis Botha, die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.

'n Eerste minister moet besluite ingevolge kollektiewe bedinging binne die kabinet neem, hoewel hy of sy ook afsonderlike magte kan besit. In 'n demokrasie is die eerste minister dikwels die leier van die grootste politieke party, maar in gevalle waar 'n koalisie regeer, hoef dit nie noodwendig die geval te wees nie.

Waar 'n president, veral wanneer hy of sy direk deur die kiesers verkies word, gewoonlik op sy persoonlikheid moet staat maak om verkies te word, is 'n eerste minister nie uitgelewer aan die wil van die volk nie en hoef hy nie die gewildste leier te wees nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.