Edward Higgins White
Edward Higgins "Ed" White (* 14 November 1930 – † 27 Januarie 1967; Lt-kol.) was 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, offisier in die Amerikaanse Lugmag, toetsvlieënier en NASA-ruimtevaarder. Op 3 Junie 1965 word hy die eerste Amerikaner wat in die ruimte wandel tydens die Gemini 4 sending. Hy sterf saam met ruimtevaarders Gus Grissom en Roger B. Chaffee gedurende toetswerk voor die eerste bemande Apollo-missie. Die NASA Distinguished Service Medal was aan hom toegeken vir sy vlug in Gemini 4 en die Congressional Space Medal of Honor was posthumus aan hom toegeken. Hy was deel van die Ruimtevaardergroep 2-inname.
Edward Higgins White | |
---|---|
Edward Higgins White in 1966 | |
Gebore | Edward Higgins White II 14 November 1930 |
Sterf | 27 Januarie 1967 (op 36) Cape Canaveral Air Force Station, Florida |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | ruimtevaarder |
Ouer(s) | Edward H. White, Sr. Mary Rosina White (née Haller) |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Edward Higgins White.
- (en) Edward Higgins White in die Internet-rolprentdatabasis
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.