Edenville
Edenville is 'n klein landboudorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 48 km noordoos van Kroonstad en 50 km suidwes van Heilbron.
Edenville | |
---|---|
NG kerk Edenville | |
Edenville Edenville se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 27°33′S 27°40′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Ngwathe |
Stigting | 1912 |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,00 km2 (1,93 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 433 |
• Digtheid | 87/km2 (230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 94.7% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 88.0% |
• Afrikaans | 4.7% |
• Zoeloe | 3.2% |
• Gebaretaal | 1.0% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 9535 |
Poskode (posbusse) | 9535 |
Geskiedenis
Edenville is op 29 Oktober 1912 op die plase Welgelegen, Landgoed en Erfdeel-Noord aan die bolope van die Doringspruit geproklameer nadat die plaaslike gemeenskap petisies vir 'n nuwe dorp ingedien het. Die dorp het in 1922 'n munisipaliteit geword. Die naam verwys blykbaar na die Bybelse Hof van Eden.[2]
Die NG gemeente Edenville is op 13 Augustus 1913 gestig. Die kerkgebou, een van Johannes Rienk Burg se vyf NG kerk-ontwerpe, is op 7 April 1922 deur ds. J.D. Kestell ingewy.
Distrik
Die belangrikste produkte geproduseer is mielies, vleis en suiwelprodukte. Daar is ook 'n groot graanmeule op die dorp.
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Verwysings
- "Hoofplek Edenville". Sensus 2011.
- "Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)". Human Science Research Council. p. 151.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.