Eblaïties
Eblaïties ([ˈɛblə.aɪt]) is 'n uitgestorwe Semitiese taal wat in die 23ste eeu v.C. in die antieke stad Ebla, by Tell Mardikh (Arabies: تل مرديخ) tussen Aleppo en Hama, in hedendaagse Sirië, gebruik is. Dit word bekend deur meer as 15 000 kleitablette wat in wigskrif geskryf is, wat in die 1970's in die ruïne van Ebla gevind is.
Eblaïties | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Sirië | |
Gebied: | Ebla | |
Totale sprekers: | Uitgesterf | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Oos-Semities Eblaïties | |
Skrifstelsel: | Wigskrif | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | xeb | |
Eblaïties word deur taalkundiges beskou as verwant aan Akkadies. Dit word geglo dat Eblaïties baie min gepraat is, maar dit het as 'n geskrewe lingua franca gedien. Dit het Oos- en Wes-Semitiese taal-kenmerke.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eblaïties.
- Eblaitica vol.2 at Google Books
- Eblaitica vol.4 at Google Books
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.