EPPO-kode
’n EPPO-kode, voorheen bekend as ’n Bayerkode, is ’n geënkodeerde identiseerder wat deur die European and Mediterranean Plant Protection Organization (EPPO) gebruik word in ’n stelsel wat daarop gemik is om organismes te identifiseer – naamlik plante, plae en patogene – wat belangrik is vir landbou en die beskerming van gewasse.
EPPO-kodes is ’n kernkomponent van ’n databasis van name, beide wetenskaplik en niewetenskaplik. Dit is aanvanklik deur die Bayer-korporasie begin, maar die amptelike lys kodes word nou deur EPPO onderhou.[1]
Verwysings
- "EPPO Codes: view a presentation" (PDF). European and Mediterranean Plant Protection Organization. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Maart 2016. Besoek op 10 Junie 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.