eBay

eBay Inc, (gestileer as ebay), is 'n Amerikaanse multinasionale internet verbruiker-na-verbruikerkorporasie, met sy hoofkantoor in San Jose, Kalifornië, VSA. Dit is deur Pierre Omidyar gestig in 1995, en het 'n merkwaardige suksesverhaal tydens die dot-com borrel. Dit is nou 'n multi-miljarddollar-besigheid en bedryf sake in meer as dertig lande.[2]

eBay Inc
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 3 September 1995
Hoofkantoor San Jose, Kalifornië, Verenigde State
SleutelpersonePierre Omidyar (Voorsitter)
John Donahoe (HUB)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieInternet, aanlynverkope
ProdukteeBay Classifieds, elektroniese handeldryf, aanlynveilinggasheer
Diensteaanlyn-kaartjieverkope en -advertensies, aanlyn-geldoordrag
InkomsteVS$ 16.05 miljard
BedryfsinkomsteVS$ 3,31 miljard
Netto inkomsteVS$ 2,86 miljard
Werknemers33 500 (Desember 2013)[1]
DivisiesGumtree, Kijiji, PayPal, iBazar
Slagspreuk"eBay: The World's Online Marketplace"
Webwerfwww.ebay.com
Pierre Omidyar, stigter en voorsitter van eBay

Die maatskappy bestuur eBay.com, 'n wêreldwye aanlynveiling- en koopwebwerf wat aan mense en besighede 'n breë verskeidenheid van goedere en dienste te koop aanbied (en namens hul verkoop). Benewens sy veiling-styl verkope, is die webwerf sedertdien uitgebrei om die "Koop nou"-opsie in te sluit. Dit ondersteun ook aanlyn-inkopies deur UPC, ISBN, of ander soorte SKU (via Half.com); aanlyn-geklassifiseerde advertensies (via Kijiji of eBay Classifieds); aanlyn-kaartjieverkope (via StubHub); aanlyngeldoordrag (via PayPal) [3] en ander dienste.

In teenstelling met die algemene opvatting, is dit nie gratis om op eBay te verkoop nie, omrede die webwerf gebruikers maandeliks faktureer.[4][5]

eBay se hoofkantoor in San Jose, Kalifornië.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.