E
Die letter E is die vyfde letter van die moderne Latynse alfabet en die tweede klinker. Dit is die algemeens gebruikte letter in Engels, Frans, Duits en Spaans. In Navo se internasionale spellingsalfabet word "E" uitgespreek met die woord "Echo".
Latynse letter E | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Latynse alfabet | ||||||
A | B | C | D | E | F | G |
H | I | J | K | L | M | N |
O | P | Q | R | S | T | U |
V | W | X | Y | Z |
- Hierdie artikel handel oor die Latynse letter E. Vir ander betekenisse sien E (dubbelsinnig).
Die letter E het ontwikkel uit die Griekse letter epsilon. Die Semitiese letter hê het waarskynlik eers 'n biddende of roepende menslike figuur voorgestel en was moontlik op 'n soortgelyke Egipitese hiëroglief gebaseer, alhoewel die hiëroglief anders uitgespreek en gebruik is.
Egiptiese hiëroglief q’ |
Semities Hê |
Fenisies H |
Etruskies E |
Grieks Epsilon |
Latyns-Romeins E | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|
E met skryftekens
- É, é
- È, è
- Ê, ê
- Ë, ë
- Ě, ě
- Ē, ē
- Ĕ, ĕ
- Ė, ė
- Ę, ę
Skakel
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie E.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.