Dyula
Dyula (ook Dyula of Dioula, ߖߎ߬ߟߊ߬ߞߊ߲) is 'n Niger-Kongo-taal wat deur sowat 12,5 miljoen mense in die Wes-Afrikaanse land Burkina Faso gepraat word. Dit vorm saam met Bambara en Maninka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Dyula word met óf die Latynse alfabet óf die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet. Dyula het 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en twee leksikale klanke.
Dyula ߖߎ߬ߟߊ߬ߞߊ߲ Dyula, Dioula | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 12 486 000[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Mande Wes-Mande […] Manding Oos-Manding Bambara-Dyula Dyula | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet, N'Ko-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | dyu | |
ISO 639-3: | dyu | |
![]() | ||
Dyula is 'n handelstaal in Wes-Afrika en word deur miljoene se mense óf as moedertaal óf as tweede taal gebesig. Die bekendste woord is waarskynlik die naam van die land Burkina Faso self, wat in Mossi en Dyula "die land van die regop mense" (of "regop land") beteken. Dit vorm saam met Fula en Mossi die nasionale tale van dié land, naas die amptelike taal Frans.
In 1976 is op 'n konferensie in Burkina Faso – die destydse Bo-Volta – 'n eie weergawe van die Latynse alfabet, gebaseer op l'Alphabet national burkinabè ("Nasionale Burkinese alfabet") vir al die tale in dié land ten einde van harmonisering ontwikkel. Dit is in 1979 amptelik goedgekeur.
Ortografie
In Burkina Faso gebruik die Dyula-alfabet die letters wat in die Nasionale Burkinese alfabet gespesifiseer is.
Nasionale Burkinese alfabet
Burkinese Dyula-alfabet | |||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
A | B | C | D | E | Ɛ | F | G | H | I | J | K | L | M | N | Ɲ | Ŋ | O | Ɔ | P | R | S | T | U | V | W | Y | Z |
a | b | c | d | e | ɛ | f | g | h | i | j | k | l | m | n | ɲ | ŋ | o | ɔ | p | r | s | t | u | v | w | y | z |
Fonetiese waardes | |||||||||||||||||||||||||||
a | b | c | d | e | ɛ | f | g | h | i | ɟ | k | l | m | n | ɲ | ŋ | o | ɔ | p | r | s | t | u | v | w | j | z |
N'Ko-alfabet
Die N'Ko-alfabet, deur Soulemayne Kante in 1949 vir die Manding-dialekkontinuum bestaande uit Bambara, Dyula en Maninka ontwikkel.
Klinkers
ɔ o /ɔ/ | o ô /o/ | u ou /u/ | ɛ è /ɛ/ | i i /i/ | e é /e/ | a a /a/ |
ߐ | ߏ | ߎ | ߍ | ߌ | ߋ | ߊ |
![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
Medeklinkers
ra /ɾa/ | da /da/ | tcha /t͡ʃa/ | dja /d͡ʒa/ | ta /ta/ | pa /pa/ | ba /ba/ |
ߙ | ߘ | ߗ | ߖ | ߕ | ߔ | ߓ |
![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
ma /ma/ | la /la/ | ka /ka/ | fa /fa/ | gba /ɡ͡ba/ | sa /sa/ | rra /ra/ |
ߡ | ߟ | ߞ | ߝ | ߜ | ߛ | ߚ |
![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
n' /n̩/ | ya /ja/ | wa /wa/ | ha /ha/ | na /na/ | nya /ɲa/ | |
ߒ | ߦ | ߥ | ߤ | ߣ | ߢ | |
![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Jula". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2019. Besoek op 30 Augustus 2020.
- (fr) André, Géraldine (31 Mei 2007). "École, langues, cultures et développement". Cahiers d'études africaines. 47 (186): 221–247. doi:10.4000/etudesafricaines.6960. ISSN 0008-0055. Besoek op 30 Augustus 2020.