Dysselsdorp
Dysselsdorp is 'n dorpie in die Klein Karoo, ongeveer 30 kilometer van Oudtshoorn teen die voet van die Kammanassieberge. Die N12 nasionale pad gaan naby Dysselsdorp verby.
Dysselsdorp | |
---|---|
Dysselsdorp | |
Koördinate: 33°34′0″S 22°26′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Tuinroete |
Plaaslike Munisipaliteit | Oudtshoorn |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Die dorp is in 1838 as 'n sendingstasie deur die Londense Sendinggenootskap gestig. In 1877 is die ongeveer 1,5 hektaar deur John X. Merriman in vrypag aan die 148 inwonerfamilies toegestaan. Die dorp, met bevolking van ongeveer 12 000, word tot vandag toe nog hoofsaaklik deur afstammelinge van voormalige slawe en mense van gemengde rasseafkoms besit en bewoon.
Daar is 'n klein Katolieke kapel op 'n steil heuwel aan die suidekant van die dorp.
Sien ook
Eksterne skakels
- Dysselsdorp Geargiveer 1 Oktober 2006 op Wayback Machine op southerncape.co.za
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.