Dwergvisvanger

Die dwergvisvanger is 'n redelik algemene intra-Afrikaanse trekvoël wat leef in boomveld, savanne en kuswoud. In Suider-Afrika is dit 'n broeiende somerbesoeker in die bosveldgebiede. In Engels staan dit as die African pygmy kingfisher bekend.

Dwergvisvanger
Volwassene in Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Ispidina
Spesie:
I. picta
Binomiale naam
Ispidina picta
Boddaert, 1783
Subspesies
Sien teks
verspreiding volgens IUCN

     standvoël      broeiende somerbesoeker

Sinonieme
Ceyx pictus

Identifikasie

Die voël is 12 cm lank en weeg 12 tot 17 gram. Dit is 'n droëgrond visvanger met besonder helder kleure. Dit is kleiner as die kuifkopvisvanger. Die wenkbroue is oranje, die gesig is grotendeels rooibruin en die oordekvere is violet getint. Die jong voël het 'n swarterige snawel en verspreide, donker snorstrepe.

Subspesies

Daar is drie erkende subspesies:

  • I. p. picta (Boddaert, 1783) — Senegal en Gambië tot Ethiopië en suidwaarts tot Oeganda
  • I. p. ferrugina Clancey, 1984 — Guinea-Bissau tot westelike Oeganda en suidwaarts tot Angola, Zambië en noordelike Tanzanië
  • I. p. natalensis (Smith, A, 1832) — suidelike Angola tot sentraal-Tanzanië, suidwaarts tot noordelike en oostelike Suid-Afrika

Sien ook

Bron

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.