Dwergrietreier
Die dwergrietreier is 'n skaars somerstandvoël en besoeker in die familie Ardeidae.
Dwergrietreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ixobrychus |
Spesie: | I. sturmii |
Binomiale naam | |
Ixobrychus sturmii | |
Identifikasie
Die volwassenes het 'n leikleurige rugkant en 'n swaar gestreepte onderkant, maar lyk donker van ver af; die oranjegeel pote hang as hulle vlieg. Jonges, wat 'n rooierige onderkant en rugvere met rooi punte het, verskil verder van ander jong reiers deurdat hul pote ook oranjegeel is.
Dwergrietreiers vlieg reguit en nogal soos duiwe. Hulle neem soms 'n regop houding aan as hulle versteur word en vlieg dikwels in 'n boom in as hulle opgejaag word.
Hulle word 25 cm groot.
Habitat
Hou gewoonlik een-een, maar maak soms in yl kolonies nes en is veral teen skemer en snags aktief. Verkies digbeboste riviere en oorstroomde bosse.
Verspreiding
Kom yl voor in groot dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Namibië en Botswana en oor die hele Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Mosambiek en Zimbabwe.
Ander name
- Wetenskaplike naam: Ixobrychus sturmii
- Engelse naam: Dwarf Bittern
Sien ook
Bron
- Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826