Dutoiti
Die Dutoiti (Pseudochromis dutoiti) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf Kenia tot by Park Rynie in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis ook bekend as die Dutoiti.
Dutoiti | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Familie: | Pseudochromidae |
Genus: | Pseudochromis |
Spesie: | P. dutoiti |
Binomiale naam | |
Pseudochromis dutoiti Smith, 1955 | |
Voorkoms
Die vis is oorwegend geel van kleur oor die lyf. Daar is 'n blou streep al langs die basis van die dorsale vin, van die voorkop tot by die stert, 'n blou streep onder die oë van die bek tot by die boonste rand van die operulum. Daar is ook 'n blou streep oor die rante van die twee stertlobbe. Die dorsale en anale vinne se rante is ook blou. Die vis word tot 9 cm groot.
Habitat
Die vis leef in koraal- en rotsriwwe tot op dieptes van 25 m. Die onvolwasse visse leef in getypoele. Hulle eet bodemskaaldiere, wurms en vis. Hulle kan in akwariums oorleef.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.