Dunning-Kruger-effek

Die Dunning-Kruger-effek is ’n denkfout waarin relatief onbekwame indiwidue aan denkbeeldige meerderwaardigheid ly en hul eie vermoë foutiewelik veel hoër ag as wat dit werklik is. Die denkfout is in 1999 eksperimenteel waargeneem deur David Dunning en Justin Kruger van Cornell Universiteit. Die studie is wyd gepopulariseer deur die media.[1]

Die Dunning-Kruger-effek

Dunning en Kruger het die denkfout toegeskryf aan die metakognitiewe onvermoë van die onbekwame om hul eie vermoënsvlak akkuraat te evalueer. Hulle navorsing het ook die omgekeerde voorgestel: dat hoogs bekwame indiwidue hul relatiewe bekwaamheid geringskat met die verkeerdelike veronderstelling dat take wat vir hulle maklik is, ook vir ander maklik is.[2] Dunning en Kruger het veronderstel dat die effek die gevolg is van interne illusie in die onbekwame en eksterne wanopvatting in die bekwame: “Die miskalibrering van die onbekwame spruit uit ’n wanopvatting van die self, waar die miskalibrering van die hoogs bekwame uit ’n wanopvatting oor andere ontstaan”.[2]

Voorstel

Die fenomeen is aanvanklik getoets in ’n reeks eksperimente wat in 1999 deur David Dunning en Justin Kruger van die Sielkundedepartement aan die Cornell-universiteit gepubliseer is.[2][3] Die studie is geïnspireer deur die geval van McArthur Wheeler, ’n man wat twee banke beroof het nadat hy sy gesig met suurlemoensap besmeer het in die foutiewe indruk dat, omdat suurlemoensap as onsigbare ink gebruik kan word, sy gesig nie deur die kringtelevisiekameras opgeneem sou word nie.[4] Hulle het opgemerk dat vroeëre studies wat die onkunde van prestasiestandaarde voorstel, die gevolg is van ’n hoë mate van onbekwaamheid. Hierdie patroon is waargeneem in studies van vaardighede wat wissel van leesbegrip, die bestuur van ’n motorvoertuig en die speel van skaak of tennis.

Dunning en Kruger het voorgestel dat, vir ’n gegewe vaardigheid, onbekwame mense:[5]

  • sal neig om hul eie vaardigheidsvlak te oorskat;
  • sal misluk om werklike vaardighede in ander raak te sien;
  • sal misluk om die uiteinde van hul onbekwaamheid te herken;
  • hul eie vorige tekort aan vaardighede herken en erken indien hulle aan opleiding vir daardie vaardigheid blootgestel word.

Dunning het intussen ’n analogie opgestel (“die anosognosie van die alledaagse lewe”)[6][7] met ’n toestand waarin ’n persoon wat aan ’n fisiese gestremdheid as gevolg van breinskade ly, onbewus is van die gestremdheid of die bestaan daarvan ontken. Dit geld selfs vir ernstige gestremdhede soos blindheid en verlamming: “Indien u onbevoeg is, kan u nie weet dat u onbevoeg is nie… [D]ie nodige vaardighede om ’n korrekte antwoord te verskaf is presies dié vaardighede wat nodig is om ’n regte antwoord te herken.”[6]

Teenbewyse

Talle studies het bewys dat wanneer enige data gegroepeer word soos dikwels in hierdie studies gedoen word, 'n statistiese artifak genaamd outokorrelasie voorkom. Die implikasie is dat die effek nie bestaan nie,[8][9][10][1][11] Hierdie siening word ook deur studies ondersteun word wat teenstrydig is met die oorspronklike studie.[12][13]

Sien ook

Verdere leesstof

  • Dunning, David (27 Oktober 2014). "We Are All Confident Idiots". Pacific Standard. The Social Justice Foundation. Besoek op 28 Oktober 2014.

Verwysings

  1. https://www.mcgill.ca/oss/article/critical-thinking/dunning-kruger-effect-probably-not-real.
  2. (en) Kruger, Justin; Dunning, David (1999). "Ongeskoold en onbewus daarvan: Hoe probleme in die herkenning van eie onbekwaamheid kan lei tot oordrewe selfassesserings". Journal of Personality and Social Psychology. 77 (6): 1121–34. doi:10.1037/0022-3514.77.6.1121. PMID 10626367.
  3. (en) Dunning, David; Johnson, Kerri; Ehrlinger, Joyce; Kruger, Justin (2003). "Waarom mense nie hul eie onbekwaamheid kan raaksien nie" (PDF). Current Directions in Psychological Science. 12 (3): 83–87. doi:10.1111/1467-8721.01235. Besoek op 29 Desember 2012.[dooie skakel]
  4. "Waarom verloorders aan grootheidswaan lei". New York Post (in Engels). 23 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 19 Maart 2014.
  5. Lee, Chris (25 Mei 2012). "'n Herbesoek oor waarom onbekwames dink dat hulle ongelooflik is" (in Engels). Arstechnica.com. p. 3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2016. Besoek op 11 Januarie 2014.
  6. Morris, Errol (20 Junie 2010). "Die anosognosieleier se dilemma: iets is verkeerd maar jy sal nooit weet wat dit is nie (deel 1)". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2020. Besoek op 7 Maart 2011.
  7. (en) Dunning, David, “Self-Insight: Roadblocks and Detours on the Path to Knowing Thyself (Essays in Social Psychology),” Psychology Press: 2005, pp. 14–15. ISBN 1-84169-074-0
  8. https://digitalcommons.usf.edu/numeracy/vol10/iss1/art4/.
  9. https://scholarcommons.usf.edu/numeracy/vol9/iss1/art4/.
  10. https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S019188690100174X.
  11. https://theconversation.com/debunking-the-dunning-kruger-effect-the-least-skilled-people-know-how-much-they-dont-know-but-everyone-thinks-they-are-better-than-average-195527.
  12. http://dx.doi.org/10.5038/1936-4660.10.1.4.
  13. https://doi.org/10.1128/jmbe.v17i1.1036.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.