Dulcie van den Bergh
Dulcie Van den Bergh (Magdeld Magdalena Smit) (23 Augustus 1928 – 8 November 1997) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar TV-rolle as Stienie in Agter Elke Man en die ouma in Orkney Snork Nie. Sy het ook in verskeie rolprente gespeel en was veral 'n bekende stem op Afrikaanse Radio. Sy was getroud met die akteur, Gert van den Bergh, tot sy dood in 1968. Sy sterf op 8 November 1997 in die ouderdom van 69 jaar aan kolon- en lewerkanker.[1][2] Haar ouers was Stephanus Johannes (gebore 1 Mei 1894) en Anna Elizabeth (Née Venter) (25 Augustus 1889 – 8 Oktober 1967).
Dulcie van den Bergh | |
Geboorte | 23 Augustus 1928 |
---|---|
Sterfte | 8 November 1997 (op 69) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Dulcie en Gert het vier kinders. Hul seun, Regardt van den Bergh is 'n bekende akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer. Die ander is Linda van den Bergh, skrywer, Dirk van den Bergh (oorlede), en Liesl van den Bergh.
Filmografie
- Orkney Snork Nie (Nog 'n moewie) as Ouma Gouws, 1993
- Orkney snork nie! (die moewie) (dis lekker by die see), as Ouma Gouws, 1992
- Agter Elke Man, 1990 as Stienie Steyn (TV-reeks)
- Orkney Snork Nie, 1989 as Ouma Gouws (TV-reeks)
- Circles in a Forest, 1989 as Sanna
- Tawwe Tienies, 1984 as Nellie Burger
- Geel Trui vir 'n Wenner, 1983 as mev. Duvenhage
- Pretoria O Pretoria!, 1979
- Plekkie in die son, 1979 as mev. Viljoen se buurvrou
- Ongewenste Vreemdeling, 1974 as Ralie
- Geluksdal, 1974 as mev. Baker
- Die Voortrekkers, 1973
- Jannie Totsiens, 1970
- Farewell Johnny, 1970 as Linda se ma
- Strangers at Sunrise, 1969
- Katrina, as gas by verlowingspartytjie (nie gekrediteer nie), 1969
- Die Tweede Slaapkamer, as mev. Papenfus, 1962
Verwysings
- Dulcie van den Bergh môre veras[dooie skakel], Die Burger, 11 November 1997
- SA se ta' Stienie `sal gemis word'[dooie skakel], Die Burger, 10 November 1997