Duitse Wikipedia
Die Duitstalige uitgawe van Wikipedia is op 16 Maart 2001 begin en is tans die 3de grootste aanlyn ensiklopedie volgens die aantal gepubliseerde artikels, na die Engelse en Cebuano Wikipedias.[1] Dit bevat tans 2 885 127 artikels.
Duitse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Duits |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 16 Maart 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | de.wikipedia.org |
Geskiedenis
Die Duitse Wikipedia was die eerste nie-Engelse Wikipedia wat geskep is. Dit is op 16 Maart 2001 deur Jimmy Wales aangekondig.[2] Die eerste bydrae op die Wikipedia word op 12 Mei 2001 gemaak.[3] Hoewel die Katalaanse Wikipedia eers later geskep is, was dit die eerste om nie-Engelse artikels te bevat.
Aantal artikels
Op 27 Desember 2009 het die Duitse uitgawe meer as 1 000 000 artikels gehad en op 19 November 2016 2 miljoen. 98% persent van die artikels het meer as 200 karakters gehad, 88% het meer as 512 grepe gehad, 42% was groter as 2 kB, en die gemiddelde artikel was 3698 grepe of 410 woorde lank.[4]
Datum | Aantal artikels |
---|---|
23 Maart 2001 | amptelike oprigting |
12 Mei 2001 | eerste operasie |
24 Januarie 2003 | 10 000 |
27 Julie 2003 | 25 000 |
8 Februarie 2004 | 50 000 |
13 Junie 2004 | 100 000 |
15 Februarie 2005 | 200 000 |
28 Junie 2005 | 250 000 |
7 Oktober 2005 | 300 000 |
18 Mei 2006 | 400 000 |
23 November 2006 | 500 000 |
18 Junie 2007 | 600 000 |
30 Januarie 2008 | 700 000 |
17 Mei 2008 | 750 000 |
6 September 2008 | 800 000 |
4 Mei 2009 | 900 000 |
27 Desember 2009 | 1 000 000 |
29 Julie 2010 | 1 100 000 |
9 Maart 2011 | 1 200 000 |
24 Junie 2011 | 1 250 000 |
16 Oktober 2011 | 1 300 000 |
30 April 2012 | 1 400 000 |
18 November 2012 | 1 500 000 |
24 Junie 2013 | 1 600 000 |
21 Maart 2014 | 1 700 000 |
25 Augustus 2014 | 1 750 000 |
15 Januarie 2015 | 1 800 000 |
23 Januarie 2016 | 1 900 000 |
19 November 2016 | 2 000 000 |
23 Februarie 2024 | 2 885 127 |
Voorbeeld
- 'n Voorbeeld van 'n Duitse artikel wat oor Afrikaans handel kan gelees word by de:Afrikaans.
Verwysings
- meta:List of Wikipedias
- Jimmy Wales: Alternative language wikipedias, 16 Maart 2001
- Die eerste artikel was Polymerase-Kettenreaktion
- http://stats.wikimedia.org/EN/TablesWikipediaDE.htm 19 Desember 2006
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Duitse Wikipedia. |
- (de) Die Duitse Wikipedia se tuisblad
- (de) Webwerf met die Duitse Wikipedia soos in 2001
- (de) Statistik Deutsche Wikipedia – statistiek vir die Duitse Wikipedia
- (en) Feite or die Duitse Wikipedia op Meta