Duinebiesie

Die Duinebiesie (Juncus kraussii) is 'n biesie wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Dit staan ook as iNcema bekend. Dit groei in polle en is 'n stywe, regop biesie met dun blare wat skerp punte het. Die biesie groei in riviermondstrande en soutmoerasse. Die plant word gebruik om tradisionele slaapmatte te vleg. Die biesie is uitgeroei op sekere plekke as gevolg van oorgebruik. Binne bewaringsgebiede word die oes van die biesie beheer.

Duinebiesie
Juncus kraussii subsp. australiensis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Monocots
(geen rang):
Commelinids
Orde:
Poales
Familie:
Juncaceae
Genus:
Juncus
Spesie:
J. kraussii
Binomiale naam
Juncus kraussii
Subspesies

J. kraussii subsp. austerus
J. kraussii subsp. australiensis
J. kraussii subsp. kraussii

Bron

  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.