Dudu van Akkad
Dudu (Akkadies: 𒁺𒁺) of Doedoe was ’n koning uit die 22de eeu v.C. van die Akkadiese Ryk. Volgens die Sumeriese Koningslys het hy 21 jaar lank regeer.
Dudu 𒁺𒁺 | |
---|---|
Koning van Akkad | |
"Dudu, die groot koning van Akkad". | |
Dinastie | Huis van Sargon |
Bewind | c. 2189-2169 v.C. |
Voorganger | Ilulu |
Opvolger | Shu-turul |
Kinders | Shu-turul |
Hy het koning geword in ’n tyd van redelike onrus ná die dood van Shar-Kali-Sharri.[1] Die koningslys noem vier ander konings wat in die drie jaar ná Shar-Kali-Sharri se dood om die troon meegeding het. Daar is geen ander bewyse vir die bewind van enige van Dudu se mededingers nie, maar ’n paar artefakte met inskripsies bevestig Dudu se heerskappy oor ’n klein deel van die Akkadiese staat wat dalk nie veel meer as die hoofstad, Akkad, behels het nie.[2] Volgens die inskripsies was hy "koning van Akkad".
Verwysings
- The first great civilizations: life in Mesopotamia, the Indus Valley, and Egypt deur Jacquetta Hopkins Hawkes
- "CDLI-Found Texts". cdli.ucla.edu.
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dudu van Akkad.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.