Dublin-lughawe

Dublin-lughawe (Iers: Aerfort Bhaile Átha Cliath) (IATA: DUB, ICAO: EIDW) is 'n internasionale lughawe wat Dublin, Ierland bedien. Dit word deur DAA (voorheen Dublin Airport Authority) bedryf.[2] Die lughawe is geleë in Collinstown, 7 km noord van Dublin, en 3 km suid van die dorp Swords. In 2019 het 32,9 miljoen passasiers deur die lughawe beweeg, wat dit die lughawe se besigste jaar op rekord maak. Dit is die 12de besigste lughawe in Europa, en is die besigste van Ierland se lughawens volgens totale passasiersverkeer; dit het ook die grootste verkeersvlakke op die eiland Ierland, gevolg deur die Belfast Internasionale Lughawe.

Dublin-lughawe
Aerfort Bhaile Átha Cliath
IATA: DUBICAO: EIDW
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur DAA
Bedien Groter Dublin
Ligging Collinstown, Santry, Ierland[1]
Geopen 19 Januarie 1940 (1940-01-19)[1]
Spil vir Aer Lingus
Tydsone GMT (UTC+0)
Somer - dagligbesparing IST (UTC+1)
Hoogte bo seevlak 242 vt / 74 m
Koördinate 53°25′17″N 6°16′12″W
Webtuiste www.dublinairport.com
Landkaart
DUB is in Ierland
DUB
DUB
Ligging van die lughawe in Ierland
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
10L/28R 3 110 10 203 Beton
10R/28L 2 637 8 652 Asfalt
16/34 2 072 6 798 Asfalt
Statistieke (2019)
Passasiers 32 907 673 6.5%
Lugbewegings 226 181 4.8%
Kaart van Dublin-lughawe
(met aanloopbaan 10L/28R)

Die lughawe het 'n uitgebreide kort- en mediumafstandnetwerk, bedien deur 'n verskeidenheid vervoerders, sowel as 'n beduidende langafstandnetwerk wat op Noord-Amerika en die Midde-Ooste gefokus is. Dit dien as die hoofspilpunt vir Ierland se vlagskip Aer Lingus, en is 'n primêre bedryfsbasis vir Europa se grootste laekosteredery Ryanair. Die Britse huurlugredery TUI Airways bedryf ook 'n basis by die lughawe.

Die Verenigde State se grensvoorafklaringsdienste is beskikbaar by die lughawe vir passasiers wat na die VSA reis. Shannon-lughawe is die enigste ander lughawe in Europa wat hierdie fasiliteit bied.

Statistiek

Passasiersgetalle

JaarPassasiers% verand.
201219 099 64901.9
201320 166 78305.6
201421 711 96707.7
201525 049 319015.4
201627 907 384011.4
201729 582 30806.0
201831 495 60406.5
201932 907 67304.0
20207 267 240077.8
20218 266 271013.7
202227 787 5560236.2

Besigste roetes

Besigste internasionale roetes by Dublin-lughawe (2019)
RangLughawePassasiers % verand.
2018/19
1Londen–Heathrow1 856 09902,6
2Londen–Gatwick1 348 12800,0
3Amsterdam1 216 25801,3
4Manchester1 003 53201,9
5Birmingham947 67202,2
6Londen–Stansted907 73201,1
7Frankfurt761 330026,7
8Parys–Charles de Gaulle759 88605,2
9Edinburgh658 95604,1
10Málaga657 852016,1
Bron: Central Statistics Office[3]

Verwysings

  1. Ó Conghaile, Pól (19 Januarie 2015). "Dublin Airport: Memories take flight as Ireland's gateway celebrates 75 years". Irish Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2016. Besoek op 18 Januarie 2016.
  2. "daa – Home". DAA.ie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2016. Besoek op 2 Junie 2015.
  3. "Passenger Movement by Irish Airport, Direction, Foreign Airport and Month". Central Statistics Office. 24 April 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2020. Besoek op 24 April 2020.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.