Droommyl

'n Droommyl is die term wat gebruik word wanneer 'n atleet daarin slaag om 'n myl (1609.344 meter) onder 4 minute te hardloop. Roger Bannister is die eerste persoon wat daarin geslaag het om 'n droommyl af te lê; sy tyd was 3:59.4. Hy het dit vermag op 6 Mei 1954. Die rekord het net ses weke gestaan tot die Australiër, John Landy, dit verbeter het tot 3:58.0.

Standbeelde van Roger Bannister en John Landy in Kanada

John Walker het op 12 Augustus 1975 in Gotenburg daarin geslaag om die myl in 3:49:04 af te lê, die eerste supermyl.

Die tien vinngste mylatlete in die geskiedenis

NaamNasionaliteitPlekDatumTyd
Hicham El GuerroujMarokkoRome7 Julie 19993:43:13
Noah NgenyKeniaRome7 Julie 19993:43:40
Noureddine MorceliAlgeriëRieti5 September 19993:44:39
Steve CramBrittanjeOslo27 Julie 19853:46:32
Daniel KomenKeniaBerlyn26 Augustus 19973:46:38
Vénuste NiyongaboBurundiBerlyn26 Augustus 19973:46:70
Saïd AquitaMarokkoHelsinki2 Julie 19873:46:76
Alan WebbVSABrasschaat21 Julie 20073:46:91
Bernard LagatKeniaRome29 Junie 20013:47:28
Sebastian CoeBrittanjeBrussel28 Augustus 19813:47:33

Omrede die myl nie 'n Olimpiese item is nie, word dit baie min gehardloop.

Suid-Afrikaanse mylatlete

De Villiers Lamprecht is die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl gehardloop het en wel in Stellenbosch op 13 November 1963 in 'n tyd van 3:59:06. Johan Fourie is die eerste persoon wat twee droommyle binne een uur gehardloop het op 9 Februarie 1987 in Stellenbosch.

Die top 10 Suid-Afrikaanse atlete:

NaamPlekDatumTyd
Sydney MareeRieti9 September 19813:48:83
Johan FouriePort Elizabeth11 Maart 19873:50:82
Juan van DeventerOslo6 Junie 20083:51:31
Graham DavidsonHengelo1 Junie 20033:53:86
Bennie GreylingDurban9 Desember 19873:54:59
Danie MalanStellenbosch26 Februarie 19753:54:60
Victor RadebePort Elizabeth11 Maart 19873:54:62
Johan CronjeLonden25 Julie 20073:54:84
Peter van der WesthuizenOslo4 Oktober 20103:54:90
Matthews TemanePotchefstroom9 Maart 19833:55:40

Bron

  • Die eerste droommyl; Beeld; 3 Mei 2014.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.