Drietandkanferbos

Die Drietandkanferbos (Tarchonanthus trilobus) is 'n boom wat voorkom vanaf Oos-Londen tot in Eswatini en hiervandaan weswaarts na Noordwes en Limpopo. Daar is ook 'n afgesonderde populasie in die noordooste van Zimbabwe. Die boom groei in bosveld, gewoonlik op klipperige plekke en in droƫ woud. Die blare is dik, leeragtig, donkergroen, grof geriffel aan die bokant en witterig aan die onderkant. Daar is twee variƫteite, een met blaarpunte wat drie tande het en die ander met gerolde blaarpunte.

Drietandkanferbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Asterales
Familie: Asteraceae
Genus: Tarchonanthus
Spesie:
T. trilobus
Binomiale naam
Tarchonanthus trilobus
DC., 1836

Bron

  • Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.