Die Rugbykampioenskap

Die Rugbykampioenskap (voorheen bekend as die Drienasiesreeks) is ’n internasionale rugbykompetisie wat jaarliks in die Suidelike Halfrond gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, onderskeidelik die Poemas, Wallabies, All Blacks en Springbokke genoem. Die kompetisie word georganiseer deur SANZAAR, ’n konsortium wat gestig is deur die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyunies; wat nou ook die Argentyne betrek. Die huidige kampioen is Nieu-Seeland, wat die 2023-toernooi gewen het.

Die Rugbykampioenskap
2024-Rugbykampioenskapreeks
Beskrywing.
Kenteken van die Rugbykampioenskap

Sportsoort Rugby
Gestig 1996 (as Drienasies)
2012 (as die Rugbykampioenskap)
Eienaar SANZAAR
Inwydingseisoen 1996 (Drienasiesreeks)
2012 (Die Rugbykampioenskapreeks)
Deelnemende lande Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Aantal spanne 4
Mees onlangse kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (2023)
Verwante kompetisies Bledisloebeker
Mandela Uitdaagplaat
Poematrofee
Vryheidsbeker

Die Rugbykampioenskap is die opvolger van die Drienasiesreeks (1996–2011, 2020). In die media word na die wenner van die Rugbykampioenskap soms nieamptelik as die Suidelike Halfrond-kampioen verwys. As deel van Die Rugbykampioenskap word om die Mandela Uitdaagplaat, Bledisloebeker, Vryheidsbeker en Poematrofee meegeding. Nieu-Seeland hou die rekord vir die meeste toernooititels, met 20 titels. Hulle kon die ou Drienasiesreeks tien keer wen, gevolg deur Suid-Afrika met vier en Australië met drie titels. Sedert die Rugbykampioenskap in 2012 ’n aanvang geneem het, het slegs Argentinië nog nie die toernooi gewen nie.

Ten spyte van die groot tydsverskil tussen die lande (7,5 ure tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, en 5,5 ure tussen Argentinië en Suid-Afrika) is daar groot belangstelling onder al die ondersteuners wat die wedstryde op televisie volg wanneer hul spanne oorsee speel. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika behoort tot die beste rugbylande wêreldwyd: Australië het die Rugbywêreldbekertoernooi twee keer gewen, terwyl beide Nieu-Seeland en Suid-Afrika dit drie keer elk gewen het. Volgens Wêreldrugby se ranglys is Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond.

Geskiedenis

Voorbereiding vir die Nieu-Seelandse haka voor die laaste Drienasieswedstryd in 2005 teen Australië in Edenparkstadion, Auckland
’n Suid-Afrikaanse lynstaan teen Nieu-Seeland in 2006, Wellington
Die All Blacks se Losgemaal teen die Springbokke tydens die Drienasiereeks in 2011
’n Nieu-Seelandse lynstaan teen Australië in 2017, Sydney

’n Soortgelyke kampioenskap soos die Noordelike Halfrond se hedendaagse Sesnasies-toernooi – en sy voorgangers – het in die Suidelike Halfrond nie bestaan nie; net Australië en Nieu-Seeland het elke jaar die Bledisloebeker uitgespeel. Met die einde van Apartheid in Suid-Afrika is dié land weer tot internasionale sport toegelaat. Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het die konsep vir die Drienasiesreeks moontlik gemaak. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika is onderhandelings tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se rugbyunies gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Die eerste toernooi is uiteindelik in 1996 gehou en deur Nieu-Seeland gewen. In 2012 het Argentinië by die toernooireeks aangesluit, wat sedertdien as Die Rugbykampioenskap bekend staan. In 2020 het die toernooi kortliks na die ou Drienasies teruggekeer, nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie weens die wêreldwye Covid-19-pandemie besluit het om die Springbokke aan dié toernooi te onttrek.

Uitslae

Drienasieswenners

Jaar Wenner Speel Wen Gelykop Verloor Punte vir Punte  
teen
Punte-
verskil
Bonus-
punte
Liga-
punte
1996 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 440011960+59117
1997 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 4400159109+50218
1998 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 44008054+26117
1999 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 430110361+42012
2000 Vlag van Australië Australië 430110486+18214
2001 Vlag van Australië Australië 42118175+6111
2002 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 43019765+32315
2003 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 440014265+77218
2004 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 420211098+12311
2005 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 430111186+25315
2006 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6501179112+67323
2007 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 430110059+41113
2008 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6402152106+46319
2009 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 6501158130+28121
2010 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6600184111+73327
2011 Vlag van Australië Australië 43019279+13113
2020 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 420211854+64311

Rugbykampioenskapwenners

Jaar Wenner Speel Wen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen Punteverskil Bonus-
punte
Ligapunte
2012 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 660017766+111226
2013 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6600202115+87428
2014 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 641116491+73422
2015 Vlag van Australië Australië 33008548+37113
2016 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 660026284+178630
2017 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6600246119+127428
2018 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6501225132+93525
2019 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 32109746+51212
2021 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6501218104+114525
2022 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6402195128+67319
2023 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 330011439+75214

Drienasies (1996–2011, 2020)

Jaar Kampioen Bledisloebeker Mandela Uitdaagplaat Vryheidsbeker Poematrofee Houtlepel
1996 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie Nie uitgespeel nie Nie uitgespeel nie Vlag van Australië Australië
1997 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië
1998 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
1999 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2000 Vlag van Australië Australië Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2001 Vlag van Australië Australië Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2002 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2003 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2004 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
2005 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie Vlag van Australië Australië
2006 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2007 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2008 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2009 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Australië Australië
2010 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2011 Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2020 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie Vlag van Australië Australië Vlag van Australië Australië

Die Rugbykampioenskap (2012–tans)

Year Kampioen Bledisloebeker Mandela Uitdaagplaat Vryheidsbeker Poematrofee Houtlepel
2012 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2013 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2014 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2015 Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2016 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2017 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2018 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2019 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2021 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2022 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Australië Australië Vlag van Argentinië Argentinië
2023 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Australië Australië

Algehele punteleer

Drienasies

Nasie Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeel gewen gelykop verloor     vir         teen       verskil  
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland765202420541449+6053524311
Vlag van Australië Australië763034315911817–226341603
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika722814314801831–351241383
Vlag van Argentinië Argentinië41215684–28080

Bron: espnscrum.com(besoek op 8 Oktober 2018, statistiek dus op datum.)

Die Rugbykampioenskap

Nasie Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeel gewen gelykop verloor     vir         teen         verskil    
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland57482719791059+920362339
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika572842514491289+160261461
Vlag van Australië Australië572532913041560–256131271
Vlag van Argentinië Argentinië57814810361868–83212430

Bygewerk op 30 Julie 2023
Bron: espnscrum.com (besoek op 30 Julie 2023)

Meeste punte en drieë

Die volgende afdeling bevat rekords van punte en drieë wat aangeteken is in die Drienasiesreeks/Die Rugbykampioenskap (alle tye).

Voorste puntemakers

Rang Speler Land Punte
01Dan CarterVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland554
02Morné SteynVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika390
03Nicolás SánchezVlag van Argentinië Argentinië344
04Andrew MehrtensVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland328
05Beauden BarrettVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland317
06Matt BurkeVlag van Australië Australië271
07Matt GiteauVlag van Australië Australië266
08Handré PollardVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika262
09Bernard FoleyVlag van Australië Australië249
10Percy MontgomeryVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika210

Opgedateer: 30 Julie 2023
Bron: Itsrugby.[1]

Voorste driedrukkers

Rang Speler Land Drieë
1Bryan HabanaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika21
2Ben SmithVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland18
3Richie McCawVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland17
Christian CullenVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Rieko IoaneVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
6Beauden BarrettVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland16
7Joe RokocokoVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland15
8Israel FolauVlag van Australië Australië14
Adam Ashley-CooperVlag van Australië Australië
10Doug HowlettVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland13

Opgedateer: 30 Julie 2023
Bron: Itsrugby[1]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.