Driehoek (sterrebeeld)
Die Driehoek (Latyn: Triangulum) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim en moenie verwar word met die Suidelike Driehoek nie. Die naam kom van die drie helderste sterre, met ’n helderheid van 3 of 4 mag, wat ’n nou driehoek vorm. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Driehoek | ||||
Latynse naam | Triangulum | |||
Genitief | Trianguli | |||
Afkorting | Tri | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 2h | |||
Deklinasie | 30º | |||
Grootte | 132 vk. grade (78ste) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Beta Trianguli | |||
Naaste ster | Delta Trianguli | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 15 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Andromeda, Visse, Ram, Perseus | ||||
|
Ruimtevoorwerpe
Die Driehoek het geen sterre wat ’n helderheid van 1 mag het nie. Sy helderste ster is die wit reusester Beta Trianguli (β Tri) van 3 mag. Die tweede helderste is die geel-wit subreus Alpha Trianguli (α Tri, ook bekend as Caput Trianguli) van 3,41 mag. Die derde ster, 6 Trianguli, is ’n dubbelster met ’n merkbare kleurkontras wat deur ’n medium-groot teleskoop in ’n sterk geel en dowwe blou ster geskei word. Albei dié sterre is self ook dubbelsterre.[1]
Die Driehoek-sterrestelsel, ook bekend as Messier 33, wat in die 1600's deur Giovanni Battista Hodierna ontdek is, is sowat 2,3 miljoen ligjare van die Aarde af. Teen ’n helderheid van 5,8 mag kan dit op ’n baie donker nag met die blote oog gesien word. Dit het ’n deursnee van 46 000 ligjare en is dus kleiner as die Melkweg. Die sterrebeeld bevat ook verskeie ander, dowwer sterrestelsels.
Sien ook
Verwysings
- Robert Burnham, Jr (1978). Burnham's Celestial Handbook, Dover Publications, New York. ISBN 0-486-24065-7
Eksterne skakels
- The Deep Photographic Guide to the Constellations: Triangulum
- The clickable Triangulum
- Star Tales – Triangulum
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Driehoek (sterrebeeld).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia