Drawidiese tale
Die Drawidiese tale is 'n taalfamilie wat veral in Suid-Indië en Noord-Sri Lanka asook in 'n kleiner mate in dele van Sentraal- en Oos-Indië, Pakistan, Nepal en Bangladesj gebesig word. Dit omvat 27 tale wat deur sowat 220 miljoen mense gepraat word. Die Indo-Ariese tale, wat veral in Noord-Indië gepraat word, is nie met die Drawidiese tale verwant nie, maar deur duisende jare se taalkontak het hulle talle gemeenskaplike kenmerke ontwikkel. Dit vorm 'n eie taalfamilie. In ruil daarvoor het die meeste van die huidige Drawidiese tale veral uit Sanskrit, Hindoeïsme se klassieke taal, baie woorde ontleen.
Drawidiese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Suid-Asië, meestal suidelike Indië en noordelike Sri Lanka |
Genetiese klassifikasie: |
Drawidiese tale |
Onderafdelings: |
Noord-Drawidies
Sentraal-Drawidies
Suid-Sentraal-Drawidies
Suid-Drawidies
|
Verspreiding van Drawidiese tale: Noord Sentraal Suid-Sentraal Suid |
Die vier grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Telugu (74 miljoen), Tamil (69 miljoen), Kannada (38 miljoen) en Malayalam (34 miljoen). Daarbenewens word Brahui oorwegend in Pakistan en Kurukh in Nepal gepraat. Sommige tale soos Malayalam en Tamil het gedurende die onlangse twee eeue deur migrasie ook in lande soos Singapoer (albei tale), Mauritius en Maleisië (beide Tamil) gevestig. Daar bestaan ook 'n Tamil-bevolking in die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.
Sien ook
Bronne
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Drawidiese tale. |
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Dravidian". Ethnologue. Besoek op 16 Augustus 2020.
- (en) "Dravidian languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Augustus 2020.