Dragons (rugbyspan)

Dragons ((cym) Dreigiau), is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker en die Anglo-Walliese Beker. Die streek wat die span verteenwoordig dek die suidweste van Wallis, insluitend Blaenau Gwent, Caerphilly, Monmouthshire, Newport en Torfaen met ’n totale bevolking van naastenby 500 000. Daar is ook ’n aantal semi-professionele en amateurklubs, insluitend die Walliese Premierskapspanne Bedwas RVK, Cross Keys RVK, Ebbw Vale RVK en Newport RVK.[1]

Dragons
Unie Walliese Rugbyunie
Bynaam(e) Drake
Stigting 2003
Stadion Rodney Parade, Newport
Kapasiteit 8 800
Afrigter(s) Vlag van Republiek Ierland Bernard Jackman
Kaptein(s) T. Rhys Thomas
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 13de
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 180 Steve Jones
Meeste punte 776 Jason Tovey
Meeste drieë 43 Aled Brew
Amptelike webwerf
www.newportgwentdragons.com

Die span is in 2003 gestig na die bekendstelling van streekrugbyspanne in Wallis. In die eerste seisoen van die Keltiese Ligabeker het hulle ’n derde plek behaal en vierde in die volgende seisoen; die daaropvolgende drie seisoene het hulle egter elke keer in die laaste drie geëindig. In 2007 het hulle die halfeindrondte van die Europese Uitdaagbeker gehaal maar teen Clermont verloor met 46–29. In 2011 het hulle die halfeindrondte van die Anglo-Walliese Beker gehaal maar teen Gloucester vasgeval. Hulle kon nog nie daarin slaag om die uitklopfase van die Europese Rugbykampioenebeker te haal nie.

Geskiedenis

Stigting

Wallis se rugbyunies, die oranje gedeelte is die Dragons.

Die Dragons is amptelik op 1 April 2003 gestig na ’n ooreenkoms tussen Ebbw Vale RVK en Newport RVK om een van vyf streekrugbyspanne in Wallis te vorm.[2] Fundamentele meningsverkille tussen die klubs[3] het ’n arbitrasietydperk, gelei deur die destydse uitvoerende hoof van die Walliese Rugbyunie, ingelui en ’n voorstel vir die naam “Gwent Dragons” is gemaak. Op 28 Julie is die span onder hierdie naam bekendgestel.[4] Dit het veroorsaak dat Tony Brown, ’n weldoener van Newport RVK, sy finansiële steun vir die streek teruggetrek het. Brown het egter teen 21 Augustus teruggekeer nadat die voorsitter van Ebbw Vale bedank het en die naam van die span verander is na “Newport and Gwent Dragons”.[5] Die Walliese Rugbyunie wou ’n verduideliking vir die naamsverandering en die bitterheid tussen die twee klub hê[6] en gevolglik is nog ’n ooreenkoms bereik:[7] Die span is amptelik tot “Newport Gwent Dragons” herdoop. Op 12 November 2003 is die streek se stigtersmaatskappy, Gwent Rugby Bpk., onder administrasie geplaas.[8] Op 27 November is ’n nuwe maatskappy, Dragons Rugby Bpk., gestig om die streek te bestuur, met Newport RVK en die Walliese Rugbyunie wat elk ’n 50% aandeel het.[9]

Tuisveld

Die streek se tuisveld is die Rodney Parade in Newport met plek vir 11 676 toeskouers. ’n Ooreenkoms tussen die eienaars, Rodney Parade Beperk, en die streek is in plek, waarvolgens alle rondomtaliewedstryde daar gespeel sal word.[10] Die span het ook al ’n paar voorseisoenwedstryde op Pontypool Park[11] en Pandy Park van Cross Keys RVK[12] gespeel, maar hierdie velde is sedert ’n wedstryd teen ’n Gwent Premierskap XV voor die 2006-’07-seisoen nie weer gebruik nie. Ter voorbereiding van die 2014-’15-seisoen het die Newport Gwent Dragons ’n vennootskap met die stadsraad van die Caerphilly-streek aangegaan waarvolgens die span die CCT-sentrum vir Uitnemendheid in Sport as oefenbasis vir die eerstespan en alle ander ouderdomsgroepspanne in die streek kan gebruik.[13]

Seisoenbepalings

Keltiese Beker

Seisoen Rondte Wedstryd
2003-’04 Eerste rondte Llaneli Scarlets 40–6 Newport Gwent Dragons
2004-’05 Kwarteindrondte Newport Gwent Dragons 19–46 Llaneli Scarlets

Keltiese Liga/Pro12/Pro14

Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2003-’04 3de 221606872
2004-’05 4de 201109650
2005-’06 8ste 207013945
2006-’07 9de 208012739
2007-’08 8ste 187110434
2008-’09 9de 187011533
2009-’10 7de 18819539
2010-’11 7de 2210111749
2011-’12 9de 227114636
2012-’13 11de 226016428
2013-’14 9de 227114535
2014-’15 9de 2280141042
2015-’16 10de 2240181026
2016-’17 11de 224018723
2017-’18 13de 212217820
2018-’19 12de 215115426

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2003-’04 Poel 1 4de 620419
2004-’05 Poel 5 3de 6303315
2005-’06 Poel 1 3de 610526
2007-’08 Poel 1 3de 610548
2008-’09 Poel 5 4de 610537
2009-’10 Poel 2 4de 610526
2010-’11 Poel 6 4de 600622

Europese Rugbyuitdaagbeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2006-’07 Poel 1 1ste 6501525Verloor in halfeindstryd teen Clermont
2011-’12 Poel 4 3de 6303315
2012-’13 Poel 3 3de 6204513
2013-’14 Poel 2 2de 6303214
2014-’15 Poel 3 1ste 6501525Verloor in halfeindstryd teen Edinburgh
2015-’16 Poel 2 2de 6402420Verloor in halfeindstryd teen Montpellier
2016-’17 Poel 3 2de 6303214

Anglo-Walliese Beker

Seisoen Poel Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2005-’06 Poel D 3de 320108
2006-’07 Poel D 3de 310204
2007-’08 Poel A 4de 301235
2008-’09 Poel A 3de 310215
2009-’10 Poel 4 2de 4301012
2010-’11 Poel 2 1ste 4301012Verloor in halfeindstryd teen Gloucester
2011-’12 Poel 4 4de 411217
2012-’13 Poel 1 3de 420208
2013-’14 Poel 1 4de 410304
2014-’15 Poel 1 3de 4202311
Geen kompetisie vir 2015-’16 weens Rugbywêreldbeker
2016-’17 Poel 1 3de 410315

Huidige span

Dragons se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

  • Keegan Bale
  • Leon Brown
  • Tom Davies
  • Vlag van Engeland Lloyd Fairbrother
  • Luke Garrett
  • Vlag van Suid-Afrika Brok Harris
  • Sam Hobbs
  • Phil Price

Hakers

  • Liam Belcher
  • Rhys Buckley
  • Elliot Dee
  • Vlag van Engeland Gerard Ellis

Slotte

  • Scott Andrews
  • Joe Davies
  • Cory Hill
  • Vlag van Suid-Afrika Ligtoring Landman
  • Matthew Screech
  • Ashley Sweet
 

Losvoorspelers

  • James Benjamin
  • Nic Cudd
  • Lewis Evans
  • Ollie Griffiths
  • Vlag van Engeland Ed Jackson
  • Harrison Keddie
  • Joshua Skinner
  • James Thomas

Skrumskakels

Losskakels

  • Gavin Henson
  • Dorian Jones
  • Nick Macleod
  • Angus O’Brien
 

Senters

  • Vlag van Nieu-Seeland Sam Beard
  • Jack Dixon
  • Vlag van Suid-Afrika Pat Howard
  • Tyler Morgan
  • Adam Warren

Vleuels

  • Ashton Hewitt
  • Adam Hughes

Heelagters

Eksterne skakel

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.