Draak (astrologie)

Die Draak (Chinees: 龍, lóng) is die vyfde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Draak word verbind met die Aardse taksimbool 辰. Dit is die enigste teken wat deur ’n mitiese dier voorgestel word.

Beskrywing

Tradisionele draakdans by die Nan Hua-tempel op 26 Januarie 2020.

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal word die Draak gevra hoekom hy nie eerste gekom het nie, aangesien hy kan vlieg. Hy verduidelik toe hy is opgehou omdat hy by ’n dorpie moes stop en vir die mense reën bring. Daarna het hy die Konyn verbete aan ’n stomp in die rivier sien vasklou. Hy moes toe op hom blaas sodat hy by die oorkantse oewer kon uitkom. Daarom was hy vyfde, ná die Konyn.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Draak is van 07:00 tot 09:00 – die tyd wanneer drake in die lug sweef om reën te bring.

In Chinese simbologie word Drake beskou as gesaghebbend, waardig, eervol en suksesvol, maar ook taktloos, besluiteloos en ongeduldig.

Een navorser het al voorgestel die Aardse tak van dié teken is met skerpioene vereenselwig; dit kon die ster Antares gesimboliseer het.[1]

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Draak gebore, met ook die volgende elementêre teken:[2]

BegindatumEinddatumHemelse tak
22 Januarie 19289 Februarie 1929Aarddraak
8 Februarie 194026 Januarie 1941Metaaldraak
27 Januarie 195213 Februarie 1953Waterdraak
13 Februarie 19641 Februarie 1965Houtdraak
31 Januarie 197617 Februarie 1977Vuurdraak
17 Februarie 19885 Februarie 1989Aarddraak
5 Februarie 200023 Januarie 2001Metaaldraak
23 Januarie 20129 Februarie 2013Waterdraak
10 Februarie 202428 Januarie 2025Houtdraak
28 Januarie 203614 Februarie 2037Vuurdraak

Drake en hul maats

Teken Beste maats Gemiddelde maats Slegte maats
DraakDraak, Aap, RotSlang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Tier, PerdHond

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarChen
Die Vyf ElementeHout
Jin/jangJang
Maanmaand3de
Gelukkige nommers1, 6, 7; vermy: 3, 8, 9
Gelukkige blommeGebrokehartjie, ridderspoor
Gelukkige kleureGoud, silwer, geel; vermy: blou, groen
SeisoenLente
Naaste Westerse tekenRam

Sien ook

Verwysings

  1. Richard S. Cook (Spring 1997). "The Etymology of Chinese Chen". Linguistics of the Tibeto-Burman Area. University of California, Berkeley (published Herfs 1995). 18 (2): 250. ISSN 0731-3500. LCCN 82-640813. OCLC 4790670. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |publication-date= (hulp)
  2. "Chinese Zodiac – Dragon" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.

Eksterne skakels

Vorige teken
Konyn (卯)
Draak (辰) Volgende teken
Slang (巳)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.