Dozi
Dozi (gebore Hendrik Opperman op 23 Maart 1964) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat oor kultuurgrense bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd ('n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net 'n Bietjie Stil en Maybe my Baby.
Dozi | |
---|---|
Geboortenaam | Hendrik Opperman |
Ook bekend as | Dozi |
Gebore | 23 Maart 1964 Hluhluwe, Natal |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | 1999 - nou |
Etikette | EMI |
Webwerf | dozi.co.za |
Dozi is gebore in Hluhluwe in Natal en het al op 'n vroeë ouderdom begin sing. In 1999 word sy eerste album, "Mercy", vrygestel. Die album is in Zoeloe opgeneem. Sy tweede album, "Op Aanvraag", word in 2001 in Afrikaans uitgegee.
Diskografie
Albums vrygestel:
- Mercy, 1999 (debuut album)
- Op Aanvraag, 2001
- Storm op die Horison, 2001
- Siyaya... Ons gaan, 2003
- Rockin' the world, 2003
- Dozi Live in the Rendezvous (DVD), 2004
- Kruispad, 2004
- Grootste Treffers, 2006
- Kom ´n Bietjie Binne, 2006
- Wat Kom Nou?, 2007
- Creedence Clearwater Revival, 2008
- Voel So Reg, 2009
- It Takes Two (saam met Nianell), 2009
- Voel so reg, 2009
- 2 Vir Een, 2010
- Terug by die begin, 2011
- Rockin' The World 2 (CD), 2012
- Icon, 2014
- Hande Vol Genade (CD), 2014
- 20 Goue Rock 'n Roll Treffers (CD), 2015
- Vrede, 2020
- Rusbanksessies, 2020
Sien ook
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.