Dorchester, Dorset

Dorchester [ˈdɔrtʃɛstər] is die administratiewe setel of county town van die Suidwes-Engelse graafskap Dorset met 'n bevolking van 19 060 volgens die sensus van 2011.

Dorchester
Dorp
Die Town Pump-obelisk van 1784 en die Graanbeurs
Die Town Pump-obelisk van 1784 en die Graanbeurs
Dorchester is in Engeland
Dorchester
Dorchester
Koördinate: 50°43′00″N 2°26′00″W
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandEngeland
StreekSuidwes-Engeland
GraafskapDorset
Bevolking
  Totaal19 060
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
  SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
DT1
Skakelkodes01305
Webwerfdorchester-tc.gov.uk

Die dorp, wat tussen Poole en Bridport langs die A35-snelweg geleë is, is oorspronklik in die 1ste eeu n.C. as die Romeinse nedersetting Durnovaria langs die pad tussen Londinium (Londen) en Isca Dumnoniorum (Exeter) gestig en was later 'n belangrike markdorp.

As die woonplek van en inspirasie vir die Engelse digter Thomas Hardy het Dorchester nuwe literêre betekenis as die hart van Hardy Country gekry, die gebied waar baie van Hardy se 19de eeuse verhale en romans afspeel, waaronder The Mayor of Casterbridge, een van die vernaamste prosawerke in die laat 19de eeuse Engelse literatuur.[1]

Verwysings

  1. Manfred Pfister (red.): Hauptwerke der englischen Literatur. Einzeldarstellungen und Interpretationen. München: Kindler 1975, bl. 377-379
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.