Donkernooientjie
Die donkernooientjie (Abudefduf notatus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dusky damsel.
Donkernooientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Abudefduf |
Spesie: | A. notatus |
Binomiale naam | |
Abudefduf notatus (Day, 1870) | |
Identifikasie
Die vis word tot 17 cm lank. Die volwasse visse is grysbruin met nou, wit vertikale strepe op die sye en die stertvin is liggeel. Die onvolwasse visse is bruin en grys aan die onderkant terwyl die wit strepe onderontwikkel is. Hulle leef in oop rotsriwwe, normaalweg waar die water onstuimig is in water wat 1 tot 12 m diep is. Die onvolwasse vissies word ook soms in getypoele gevind. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kom ook in los groepe voor. Die visse vreet alge en klein skaaldiere.
Sien ook
Bron
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3