Donis
Donis is 'n Litause musiekprojek wat deur die multi-instrumentalis Donatas Bielkauskas, 'n boorling van Klaipėda, in die lewe geroep is en hom op ambient-, neofolk- en eksperimentele musiek toespits. Donatas Bielkauskas was naas Donis ook lid van vier ander elektroniese musiekprojekte - Wejdas, Notanga, Ha Lela en Eirimė.
Donis | |
---|---|
Donis in 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Klaipėda, Litaue |
Genres | Ambient-, neofolk- en eksperimentele musiek |
Instrumente | Birbynė, švilpynė, lumzdelis |
Jare aktief | 1998 - hede |
Etikette | Dangus |
Assosiasies | Ha Lela, Wejdas, Notanga, Eirimė |
Webwerf | www.donis.lt |
Lede | Donatas Bielkauskas |
Donis het tussen 1998 en 2013 altesaam tien albums uitgereik. Die meeste van Donis se musikale werke is bewerkings van oorspronklike etniese musiek uit Litaue. Die bekendste album is Bite Lingo, waarop agt argaïese Litause oorlogsliedere deur die folksangeres Rasa Serra gesing word.
Die album Švilpiai behels antieke okarina- of švilpynė-musiek, terwyl Sotvaras in samewerking met lede van Litaue se bekende Heidense musiekgroep Kūlgrinda ontstaan het. Donis het daarnaas 'n album uitgereik wat op Griekse mitologie baseer, Alexandreia, asook enkele eksperimenteel-elektroniese werke.
Toekennings
- A.LT 2006 - beste etniese musiek-kunstenaar
Diskografie
Eksterne skakels
Media