Dominee
'n Dominee (afkorting: ds. of V.D.M.) of predikant is 'n persoon wat 'n protestantse gemeente op geestelike vlak bedien en lei.
Die woord dominee is afgelei van die aanspreekvorm domine vanaf die Latynse dominus wat heer beteken. Dominee is dan ook 'n aanspreektitel, net soos professor die aanspreektitel vir 'n hoogleraar is. Vir die aanduiding van die beroep word die woord 'predikant' gebruik.
Tipiese take wat predikante verrig sluit in:
- Lewer preke op Sondae en by ander gewyde geleenthede;
- Bedien sakramente, soos die doop en nagmaal;
- Doen huisbesoek, hospitaalbesoek, ens.;
- Bevestig mense in die eg;
- Doen berading en huweliksvoorligting.
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir dominee.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.