Document Object Model
Die Document Object Model (DOM) is 'n programeringspesifikasie wat deur die World Wide Web Consortium (W3C) ontwikkel is.
Dit stel die programeerder in staat om HTML- en XML-dokumente te hanteer op 'n objekgeoriƫnteerde wyse, tans is hierdie opmerktale, slegs staties, net 'n uitleg van data en visuele strukture binne 'n bladsy.
DOM bied 'n dinamies en wyer spektrum van beheer oor hierdie strukture - elke voorwerp het 'n stel instruksies en aksies wat gekoppel word aan dit.
Die DOM bied twee spesifikasies: DOM Core, wat ondersteuning bied vir XML en as basis dien vir die tweede spesifikasie, DOM HTML wat dien as uitbreiding tot HTML dokumente.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.