Dochiariou-klooster

Die Dochiariou-klooster (Grieks: Μονή Δοχειαρίου) is ’n Oosters-Ortodokse klooster op Berg Athos in Griekeland. Dit is 10de in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan die aartsengele Migael en Gabriël. Daar is tans sowat 30 monnike.

Die Dochiariou-klooster

Die klooster is die 10de eeu gestig. Een van die kultuurskatte in sy besit is die Ikoon van die Maagd "Gorgoypikoos" ("Sy Wat Gou Hoor"). In die biblioteek is 545 manuskripte, 62 van hulle op perkament, en meer as 5 000 gedrukte boeke.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.