Distrikte van Suid-Afrika
Suid-Afrika is verdeel in 52 distrikte (Metropolitaanse- en Distriksmunisipaliteite). As gevolg van die 12de wysiging van die Grondwet (Desember 2005) is die hoeveelheid distrikte van 53 na 52 verminder. 'n Verdere gevolg van die wysiging is dat elke distrik nou slegs in één provinsie val, om konflik van belange te vermy.
Tipe distrikte
Daar is twee tipes distrikte:
- 8 Metropolitaanse munisipaliteite wat soos beide distriks- en plaaslike munisipaliteite dien (sien * onder). Hulle staan ook bekend as Kategorie A-munisipaliteite
- 44 Distriksmunisipaliteite wat 'n paar plaaslike munisipaliteite insluit. Hulle staan ook bekend as Kategorie C-munisipaliteite met hulle plaaslike munisipaliteite wat ook as Kategorie B-munisipaliteite bekend staan.
Distrikte
Die kaart wys die 52 distrikte (die kleure wys die 9 provinsies):
Bronne
- Munisipale Afbakeningsraad Geargiveer 26 April 2009 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.