Disa procera
Disa procera is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en deel is van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Sedgefield voor. Hier het die plant 'n voorkomsgebied van kleiner as 5 km2 waar daar twee subpopulasies, van ongeveer 100 plante elk, is. Die spesie se getalle neem af weens 'n gebrek aan brande en indringerplante.
Disa procera | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. procera |
Binomiale naam | |
Disa procera H.P.Linder, (2008) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.