Dionisius

Dionisius was een van die lede van die Areopagos in Athene wat op die prediking van Paulus tot bekering gekom het.

Die geskrifte wat op die naam van "Dionisius, die Areopagiet" betrekking het, hou geen verband met die Dionisius van Handelinge 17 nie, en is tewens uit die 5de of 6de eeu n.C. afkomstig.

Verwysings in die Bybel

Handelinge 17: 34

Literatuur

  • Die Bybel (1953-Vertaling)
  • Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.