Dingleton
Dingleton (voorheen Sishen) is 'n dorpie, eintlik 'n mynkompleks, in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ontstaan as gevolg van die ysterertsmyne wat in die omgewing in bedryf gestel is. Die dorp het bekend geraak nadat die Sishen-Saldanha-spoorlyn voltooi is.
Dingleton Sishen | |
---|---|
SAR No. E9006 naby Dingleton, 14 Mei 2006 | |
Dingleton Dingleton se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 27°46′0″S 22°58′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | John Taolo Gaetsewe |
Munisipaliteit | Gamagara |
Stigting | 1947 |
Oppervlak | |
• Totaal | 180,63 km2 (69,74 vk. myl) |
Hoogte | 1 295 m (4 249 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 11 034 |
• Digtheid | 61/km2 (160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 19.0% |
• Swart mense | 78.5% |
• Ander | 1.5% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 57.1% |
• Afrikaans | 26.3% |
• Engels | 4.4% |
• Sotho | 1.6% |
• Ander | 10.6% |
Poskode (strate) | 8445 |
Poskode (posbusse) | 8445 |
Skakelkode | 053 |
Dingleton is digby die N14 en die naaste groot dorpe is Kathu, sowat 12 km van hier, en Kuruman, 66 km noordoos.
Geskiedenis
Die eerste mynaktiwiteite het in 1953 begin toe die destydse Yskor ystererts begin ontgin het. Eerwaarde Robert Moffat was reeds gedurende 1834 aktief in die omgewing en het vermoed dat daar ystererts in die omgewing was. Hy het daarna in sy dagboek verwys as 'heuwels van glinsterende swart rots'. Toe die ysterneerslae eindelik getoets is, was die reserwes 'n beraamde 4000 miljoen ton groot. Dit was een van die grootste neerslae in die wêreld en ook een van die rykste – 85 persent van die reserwes het 'n ysterinhoud van 66 tot 70 persent.
Die gebied om die eerste myn word sedert 1990 Dingleton genoem. In 1973 is die tweede myn geopen vir uitvoer via Saldanhabaai. Die doelgeboude Sishen-Saldanha-spoorlyn is in 1977 voltooi. Hierdie myn se dorpsgebied word Kathu genoem en munisipale status is in 1979 verkry. Kathu is sowat 12 km vanaf Dingleton.
Bron
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995. ISBN ISBN 1-86842-026-4