Dinard

Dinard (Bretons: Dinarzh) aan die Bretonse Côte d'Emeraude (département Ille-et-Vilaine, Frankryk) is een van die mooiste kusstede van Europa met sowat 11 000 inwoners (2008). Die Côte d'Emeraude (Smaragkus) is een van die vernaamste besienswaardighede in Frankryk. Pragtige sandstrande, eersterangse hotelle, gerieflike kampeerplekke, 'n kasino en die hawe wat deur plesierboote aangedoen word is deel van die perfekte infrastruktuur.

Dinard

Dinarzh
Dinard: Villa's by die strand
Dinard: Villa's by die strand
Wapen van Dinard
Wapen
Dinard is in Frankryk
Dinard
Dinard
Koördinate: 48°38′00″N 2°03′37″W
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Bretagne
Département Ille-et-Vilaine
ArrondissementSaint-Malo
KantonSaint-Malo-2 (sedert 2015)
Regering
  BurgemeesterSylvie Mallet
Oppervlak
  Stad7,84 km2 (3,03 vk. myl)
Hoogte
0–56 m (0–184 ft)
Bevolking
  Stad11 033
  Digtheid1 407/km2 (3 640/vk. myl)
  Metro
17 287
Poskode
35800
Skakelkodes35093
Webwerfville-dinard.fr

Die huidige vakansieoord was nog tot in die 1850 niks meer as 'n klein vissersdorpie nie. Eers daarna het toerisme as sy vernaamste bron van inkomste begin ontwikkel. Tydens die Fin de siècle het Dinard baie gewild geraak by Britse en Amerikaanse toeriste. Die eerste kasino het sy deure in 1860 geopen, en ook vandag is die stad steeds een van die bekendste vakansiebestemmings in Frankryk wat as die "Nice van die Noorde" bekend staan.

Besienswaardighede

  • Die boulevard Féart bekoor met sy villa's in die laat-Victoriaanse styl.
  • Die Promenade du Clair de la Lune is die mooiste strandweg in die stad; hier lê die Akwarium van Dinard, wat hom op die fauna van die Smaragkus toegespits het.
  • Die Villa Eugénie (Musée du Pays de Dinard) in die rue Pichot is eintlik vir Eugénie, die eggenote van keiser Napoleon III, opgerig. Sy trek hier egter nooit in nie. Sedert 1985 is die huis 'n museum wat die geskiedenis van Dinard en sy omgewing behandel.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.