Dikwark

’n Dikwark is in ’n kwark-dikwark-model die hipotetiese toestand van twee kwarke wat saam gegroepeer is in ’n barion (wat uit drie kwarke bestaan). Die dikwark word gewoonlik as een deeltjie beskou wat in ’n sterk wisselwerking met die derde kwark is.

Die bestaan van dikwarke in ’n nukleon word betwis, maar dit help om sommige nukleon-eienskappe te verduidelik.

Sien ook

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.