Diktator
'n Diktator is die alleenheerser van 'n land (soortgelyk aan 'n koning). Diktators het absolute mag en gebruik meestal geweld en vrees om hulself en hul vriende in die magsposisie te hou. 'n Diktator kan sonder raadpleging met of goedkeuring van ander wette uitvaardig. 'n Land wat deur 'n diktator regeer word, word 'n diktatorskap of 'n diktatuur genoem.

Joseph Stalin, die leier van die voormalige Sowjetunie, word algemeen as 'n diktator beskou.

.jpg.webp)
Alfredo Stroessner, die diktator van Paraguay vanaf 15 Augustus 1954 tot 3 Februarie 1989, hy is ook aangewys as een van die wêreld se langsdienende nie-koninklike staatshoofde.
Voorbeelde
Enkele voorbeelde van diktators ter illustrasie:
- Adolf Hitler, Führer van Nazi-Duitsland.
- Idi Amin, ontslape president van Uganda van 1971–1979.
- Robert Mugabe, ontslape president van Zimbabwe van 1980–2017.
- Kim Jong-un, leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party.
- Aleksandr Loekasjenko, die president van Wit-Rusland sedert 20 Julie 1994.
- Mao Zedong, kommunistiese rewolusionêr en president van China van 1954–1959.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Diktator.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.