Dikbek-kurper

Die Dikbekkurper (Thoracochromis albolabris) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivierstelsel in Angola en Namibië voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Thicklipped river bream.

Dikbek-kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Genus:
(Greenwood, 1979)[1]
Spesie:
T. albolabris
Binomiale naam
Thoracochromis albolabris
(Trewavas & Thys van den Audenaerde, 1969)[2][3]

Voorkoms

Die kurper se kop is gepunt met normaalweg dik lippe. Die mannetjies se kieue is gewoonlik blou terwyl die lyf bedek is met geel skubbe wat oranje in die middel is. Daar is baie ligte blou band wat oor die middel van die lyf strek. Die dorsale vin is blouerig met oranje kolle. Die stertvin het donkerrooi kolle op met oranjerrooi rante. Die anale vin is geel met oranje kolletjies op en die rante is oranje. Die buikvinne is geel. Die vis word 150 mm lank.

Habitat

Die vis verkies om in rotsagtige omgewings te leef.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Verwysings

  1. Greenwood, P. H., 1979. Towards a phyletic classification of the `genus' Haplochromis (Pisces, Cichlidae) and related taxa. Part 1. Bull. Br. Mus. (Nat. Hist.) Zool. v. 35 (núm. 4): 265-322.
  2. BioLib (en)
  3. Trewavas, E. & D. F. E. Thys van den Audenaerde. 1969. A new Angolan species of Haplochromis (Pisces, Cichlidae). Mitt. Hamb. Zool. Mus. Inst. v. 66: 237-239, Pl. 13.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.