Dijon
Dijon ( [di.ʒɔ̃]) is 'n stad in die ooste van Frankryk. In 2009 het die stad 'n bevolking van 152 110 gehad. Dijon is 'n belangrike vervoer-, handels- en nywerheidspilpunt en dien as administratiewe setel van Boergondië-Franche-Comté, een van die 27 Franse administratiewe geweste (Frans: régions) en die département Côte-d'Or. Dijon se tersiêre opvoedingsinstellings sluit die Universiteit van Boergondië (Université de Bourgogne gestig in 1722[1]) en die École des Beaux-Arts ("Skool vir Beeldende Kunste") in.
Dijon | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Boergondië-Franche-Comté |
Département | Côte-d'Or (prefektuur) |
Koördinate | 47°19′N 5°02′O |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 40,41 vk km |
Hoogte bo seevlak | 220-410 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 152 110 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 764/vk km |
- Metropolitaanse Gebied | 336 807 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | François Rebsamen |
Amptelike webwerf | dijon.fr |
Dijon staan veral bekend vir sy mosterd en is 'n belangrike handelsplek vir Boergondiese wyn. Die historiese sentrum van Dijon is in 2015 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Verwysings
- (en) (fr) Inligting oor die Universiteit
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dijon.
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.