Die Krugermiljoene

Kruger Miljoene is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1967 vrygestel is. Ivan Hall was die regisseur. Die storie is deur Jan Perold en Fanus Rautenbach geskryf.

Kruger Miljoene
Regisseur Ivan Hall
Produksieleier Bill Venter
Draaiboek Jan Perold (storie), Fanus Rautenbach (storie)
Met Leon le Roux
Brenda Bell
Helga van Wyk
Musiek deur Con Lamprecht
Kinematografie Manie Botha en Louis de Witt
Redigeerder Oscar Burn
Verspreider Kavalier Films
Uitgereik 1967
Speeltyd 83 min.
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel
Paul Kruger

Genre

Die rolprent is ’n aksiebelaaide oorlogsdrama en musiekblyspele. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding) vir geweld.

Akteurs

Die hoofspelers is:

Storielyn

Die rolprent is 'n histories drama wat oor die lot van die vermiste Kruger-miljoene spekuleer[1]. Dit speel in die middel van die Anglo-Boereoorlog in die jaar 1900 in Suid-Afrika af. Boere-president Paul Kruger het geld nodig om ammunisie te koop, maar die enigste internasionaal aanvaarde geldeenheid is goue munte. Kruger gee sy mees betroubare soldate, die Kavaliers, 30 dae om 'n berg goudstawe in munte te slaan. Die Kavalier-leier, Chris Botha, stel die plan in werking, maar die geheime aktiwiteit trek gou aandag van die Britte, sowel as 'n mynkaptein se jong dogter, wat op Botha verlief raak. Hy het egter sy hart op 'n Engelse verpleegster. Teen die tyd wat die munte geslaan is, kan die Kavaliers nie ontsnap nie omdat hulle deur duisende Britse troepe omring is. Die twee vroue en die mintmeester, Ben slaag daarin om die situasie op merkwaardige wyse te beredder.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.